Monday, September 17, 2012

Goeie nuus! Oxford University Press het sopas vir die heel eerste keer 'n slegs Afrikaanse woordeboek gepubliseer - ons is baie beindruk met hulle! Dit staan bekend as die Oxford Afrikaanse skoolwoordeboek en kan met groot vrug gebruik word as 'n veklarende woordeboek. Oxford is 'n leier op die gebied van woordeboeke en daarom is ons seker dat hierdie woordeboek, net soos al die ander woordeboeke uit hulle stal, van hoogstaande gehalte sal wees. Hierdie woordeboek behoort binnekort op ons rakke te verskyn.

No comments:

Post a Comment