Saturday, September 22, 2012

Het Ritalin nog 'n plek in skole?

Die afgelope weke het ons weer in die media gelees en gehoor van studente wat blykbaar floreer op Ritalin as hulle dit gebruik tydens toetse en eksamens. Dit help blykbaar om te fokus en eksterne steurnisse uit te sny. Soveel so dat studente tot dokters se voorskrifblokke steel om ritalin aan hulleself voor te skryf! Ek glo dat Ritalin maar nog altyd ietwat as 'n stiefkind behandel is, veral in die oe van ouers. Hier was nou net weer 'n vraag op FB van 'n Mamma wat wou weet of sy haar seuntjie op Ritalin moet sit (die skool het 'n aanbeveing gemaak). Die seuntjie is in Gr.1, maar word eers 7 in November. Ek gee graag my siening daaroor: As 'n oud-onderwyser en iemand wat daagliks mer terapeute, onderwysers, ouers en skole in aanraking kom, wil ek ouers aanraai om eers geoegsame inligting in te win. Ek weet meeste van ons se eerste reaksie is om nee te se. Ek sien Ritalin (en Concerta of soortgelyke medikasie) in dieslefde lig as iemand wat bv 'n diabeet is wat elke dag medikasie moet neem. Ek dink daar kleef nog steeds 'n stigma aan Ritalin, en meestal agv mense wat dit nie korrek geadministreer het nie, of self dosisse verander het. Ek het reeds twee werksessies deur pediaters en psigiaters bygewoon en ek is van mening dat Ritalin baie effektief en tot voordeel van die kind gebruik kan word, mits dit deur 'n spesialis gemonitor en beheer word. Ouers moet verkieslik dokters of pediaters opsoek wat daarin spesialiseer. Ek het verskeie suksesverhale gehoor en self beleef. Ek dink egter ook dat mens na die totale prentjie moet kyk en dan eers 'n besluit neem. Hou die volgende in gedagte: * Geslag van die kind (seuntjies is meer geneig tot afleibaarheid - vlgs dr James Dobson behoort seuntjies eers op die ouderdom van 11 formeel skool begin bywoon - voor dit is die meeste van hulle veronderstel om buite rond te hardloop :) * Ouderdom van die kind in vergelyking met die res van die klas - watter ty d van die jaar verjaar die kind? 'n Kind wat later in die jaar verjaar gaan dalk nog 'n rukkie neem om op te vang, veral in gr.R - 2 * Komplikasies by geboorte * Kind se persoonlikheid (introvert / ekstrovert / baie sensitief) * Tipe skool en klas - party kinders vind dit moeilik om aan te pas / konsentreer in groot, raserige klasse, ander kinders is weer heel tevrede daarmee. Party skole plaas baie druk op kinders, waar ander skole weer 'n meer kalm uitkyk het. * Klasonderwyser se persoonlikheid - partykeer gebeur dit dat kinders en onnies se persoonlikhede 'clash' wat 'n kind bv meer angstig kan maak * Situasie by die huis - Geboorte van 'n nuwe boetie / sussie, dood in die familie, enkel-ouer gesinne, gesinsgeweld, finansiele druk, verwaarlosing, ens * Maats - is daar maats? Of word die kind dalk geboelie / is dalk 'n boelie? * Ander aspekte wat getoets behoort word - gehoor, spraak, sig, groot- en kleinspierfunksies Dan moet ons ook ingedagte hou dat, net soos met bv diabetes, 'n dosis dalk nie onmiddellik 100% gaan werk nie. Partykeer moet die dosis aangepas word of verander word. Dit is dus van kardinale belang dat jy as ouer die dokter / spesialis vertrou en alle inligitng met hom deel. Jy moet ook gemaklik voel om met die dokter saam te werk. Wat ookal jou besluit - onthou: Jy is die beste ouer vir jou kind. Vertrou dan ook jouself dat jy altyd die beste vir jou kind sal doen en gee. En DIT is meer as genoeg :)

No comments:

Post a Comment